Afrikaans welkom hier?

Watse eksamen moet 'n Afrikaner dan in Engeland skryf? Ek dag ons is die ou spul so ver voor dat goed soos eksamen nie meer vir ons nodig sal wees nie?

Ek wil net vir julle almal totsien se en ook dat julle 'n baie geseende Kersfees moet he en soveel voorspoed in die nuwe jaar dat dit julle eintlik begin verveel. Ek vertrek Sondagoggend vroeg seetoe (Stilbaai, Suid-Kaap) vir tien dae, dan nog tien dae naby Oos Londen (omtrent 1000 km verder oos en noord teen die kus op vir die wat nie weet nie) en dan drie dae in die Addo olifantpark om te herstel van al die skoonfamilie. Julle sal dus nie van my hoor nie, maar dis omdat ek nie hier nis nie, nie oor ek kwaad is nie. Ek hoop ek sal 'n lekker erotiese lesbiese storie van Vana in Afrikaans kan lees as ek terug is!

Mag almal van julle in die suidelike halfrond koel weer en julle almal in die noordelike halfrond warm weer geniet oor die feestyd!

Sien later.
 
Zoroastor1

Totsiens, geseende Kersfees. Gee my groete aan Suid Afrika, asseblief.
Ingwe
 
Hallo in die nuwe jaar

Hallo julle almal, ek is terug by die soutmyn na 'n lekker vakansie by die see, baie son, BAIE warm en eintlik lekker om weer in 'n kantoor te wees met lugreeling!

Vana hoe het dit met jou eksame gegaan en gaan jy ons vertel watse eksamen dit was? En hoe vorder jou nuwe Afrikaanse storie?

Ingwe ek het probeer om jou groete aan Suid Afrika oor te dra maar was nie seker hoe nie. Toe het ek maar een oggend vroeg hoog op 'n sandduin langs die see gestaan en geskree: "Ingwe stuur groete!!!" maar daar was geen reaksie nie.

Make_My_Day, wanneer gaan ons weer van jou hoor?

Dan sien ek van julle het sulke oulike fototjies by julle stukkies - hoe kry mens dit reg? Ek hou van joune Vana, baie sexy!
 
Dankie vir die kompliment :) Jy moet 100 posts kry voor jy 'n AV kan gebruik.

Storie nog nie begin nie, want ek is nogsteeds besig met eksamen.

En 'n voorspoedige nuwe jaar vir julle almal.;)
 
Eksamen

Hi Vana,

Wanneer gaan jy ons vertel watse eksamen dit is wat jy skryf? (Ek is nuuskierig -nieuwsgierig in Nederlands, dink ek- sien jy?)

MMD ek sien jy vind Afrikaans 'n interessante taal. Wat vir my verl interessant is, is om te sien hoe vele Nederlandse woorde verander het in die proses van ontwikkeling van Afrikaans. So is daar ook vele wat uit Duits kom, 'n klompie uit Frans (van die Franse hugenote se koms ek dink kort na die godsdiensvervolgings in Frankryk) en ook 'n paar van die Maleise slawe wat in Jan van Riebeeck se tyd uit Batvia gekom het. Ek praat nou nie van die oorname van Engelse woorde wat, snaaks genoeg, onaanvaarbaar is nie - seker maar oor ons nie hou van die Engelse nie en omdat hulle so hard probeer het om Afrikaans te onderdruk
 
Lekker om afrikaans te skryf

Hi ek is nuut op die site.Ek is bly om afrikaans te kan skryf ek hoop daar is meer mense.Ek bly in Suid afrika eks enkel.Nog nooit getroud.So dames pm my asb.:)
 
Welkom hier, jy is die eerste persoon in 'n lang tyd wat belangstelling toon. Dit lyk my Vana, wat ons 'n Afrikaanse storie belowe het, het nou koud geword. Soos jy kan sien was daar ook 'n hele paar ander interessante mense wat begin gesels het, maar wat net van die radar af verdwyn het.

Ek is tans in die proses om weer enkel te word en dames was nog altyd welkom om my te PM, maar ek wou eintlik net gesels met al die interessante mense wat mens hier ontmoet.
 
Nou Ja, lyk my ons kan hier 'n boere lit begin opstook???

Hallo aan almal van 'n boerseun in ZA...

Post asb links na afrikaanse stories.
 
Graag!

Dag Afrikaanse vrienden.
Hoewel ik het Afrikaans niet kan schrijven of spreken, wil ik heel graag erotische verhalen in die taal lezen. Het Afrikaans is van zichzelf al zo'n mooie en sappige taal en ik ben heel benieuwd hoe erotische verhalen in die taal klinken!
 
Leuke thread (of draadjie). Ik was vorige week nog in Zuid-Afrika, en het viel me op hoe makkelijk het is om Afrikaans te lezen. Nu kan een vergissing in een klein hoekje zitten, 'valse vrienden' noemen we dat fenomeen, maar ik verwacht toch dat ik ook een erotisch verhaal goed zou begrijpen. De topografie van het menselijk lichaam is tenslotte universeel.

Gaat iemand nog een mooi verhaal schrijven in het Afrikaans?

Grr

Wolf
 
Ek is bly om te sien daar is nuwe belangstelling. Ek was vir 'n rukkie van die toneel af omdat ek probleme met my rekenaar gehad het, maar ek sal nou weer van tyd tot tyd kom kyk.

Ek het al 'n keer of wat Afrikaanse erotica gelees, maar ongelukkig was die standaard nie van die beste nie. Daar was minstens een storie in die "Incest" kategorie en dit was van 'n knaap wat sy vrou en haar suster saam gedoen het terwyl hulle met vakansie by die see was. Verder is daar Nirvanadragones wat beloof het om iets in Afrikaans te skryf maar dit lyk of sy nou ook belangstelling verloor het.

Groete uit 'n heerlike sonnige Suid-Afrika, waar die herfs so omtrent 'n week gelede begin het - die lekkerste tyd van die jaar sover dit my betref.
 
Back
Top